Ons lê bietjie in vanoggend, is lankal wakker maar geniet dit om te lê en na die see te luister en hier-en-daar die mense se stemme wat praat oor die dag se planne. Ons drink koffie en begin regmaak vir die ontbyt, vanoggend is ek lis vir die full monty, spek, eiers, wors, tamatie, kaas, roosterbrood en oorskiet hoender van gisteraand en jogurt met muesli vir die wat wil. As ek opskep lyk dit of ek weke laas kos gehad het, maar alles lyk so lekker. Die mmmmm klanke vertel dat almal dit geniet, beter as wat enige hotel kan voorsit.