Daar is gereël dat ons die kinders en die familie wat reeds daar is, by Boesmanland Plaaskombuis, naby Club Mykanos ontmoet vir middagete. Die Restaurant is bekend met ʼn mooi uitsig oor die see. Ons ontmoet van die familie en kuier lekker saam met Anna en Jan Hendrik en Michelle. Ek het vir ons slaapplek bespreek by Oliphantskop gastehuis en gaan boek in na ete. Ons pak af en ry later na Drift Wood Restaurant voor op die strand waar Jan Hendrik en Michelle by ons aansluit. Hulle gemoed is goed en meeste van die reëlings vir more se diens is afgehandel.