Toer Om SA

Dag 31

Dag 31. Dinsdag 18 Februarie Ons slaap laat as die bewolkte oggend besluit om ʼn misreën oor die dorp in te bring. Na koffie en shower besluit ons om by Sir Lambert’s te gaan kuier. Ek het bietjie rekenaar werk om te doen op die internet en Juanita het gesê ek is welkom om dit …

Dag 31 Read More »

Dag 32

Dag 32. Woensdag 19 Februarie Dis nog reënerig as ons opstaan. Ons hang rond, Magda en Moeksie was die skottelgoed en ons geniet ʼn koppie koffie (ek so drie) en besluit om eers na ontbyt kamp te kom afslaan. Dalk is die tente dan bietjie droër. Juanita het ons genooi om by Sir Lambert’s te …

Dag 32 Read More »

Dag 33

Dag 33. Donderdag 20 Februarie As die ander hulle koppe by die tente uitsteek sit ek lankal op die rotse na die see en kyk, besig met my eie gedagtes en dink diep. Dit is terapie vir my, so te staar na die see, die berge of sommer net die natuur. Die koffie hier op …

Dag 33 Read More »

Dag 34

Dag 34. Vrydag 21 Februarie Met die fees wat die naweek hier gaan plaasvind het ons besluit om verder te toer, maar ons is nie haastig nie en pak op ons tyd op. Dis redelik koel en die windjie waai wat die oppak lekker maak, hoef nie elke tien minute te rus en die sweet …

Dag 34 Read More »

Dag 35

Dag 35. Saterdag 22 Februarie Ons slaap lekker en staan eers laat op, dit is na son-op. Na ʼn paar koppies koffie besluit ons om verder te ry, miskien Paarl toe om by Swaerie te gaan kuier. Dit is my sussie Antoinette se man, Ben Vermooten. Hulle bly in Winelands Estate buite Paarl op die …

Dag 35 Read More »

Dag 36

Dag 36. Sondag 23 Februarie Die slaap was luuks en ons ontwaak eers as die son al hoog sit. Ons geniet die gebruiklike koffie (of twee) en Antoinette bederf ons met ʼn groot ontbyt. Die vrae oor ons wedervaringe hou nie op nie en ons hou net aan vertel. Ons luister saam met hulle na …

Dag 36 Read More »

Dag 37

Maandag 24 Februarie 2014 Dis Maandag en Ben en Anto is vroeg op, hulle moet gaan werk. Ons drink ʼn koffie saam met hulle en sien hulle af. Ek en Moeksie kry al ons goedjies bymekaar, pak die waentjie en vertrek na ons ontbyt geniet het. Die 35 km na Durbanville gaan vinnig, dis lank …

Dag 37 Read More »

Dag 38

Dinsdag 25 Februarie 2014 Ek en Anton is vroeg op om die Hilux in te vat vir sy diens. By die garage verduidelik ek aan die diensbestuurder van die vuil petrol en gee die drie skroewe van die petrolfilter wat die ouens nie kon terugsit nie, aan hom. Hy sê dit gaan minstens twee, moontlik …

Dag 38 Read More »

Dag 39

Woensdag 26 Februarie 2014 Ons lê in vanoggend en staan stuk-stuk op en drink ʼn koffie of twee. Ek en Moeksie het na Anton en Magda se kampstoele gekyk oor die afgelope weke en besluit om ook sulkes te koop. Hulle sit baie gemaklik en verleen meer ondersteuning aan jou rug. Boonop kan die rugleuning …

Dag 39 Read More »

Dag 40

Dag 40. Donderdag 27 Februarie Ek en Moeksie is vroeg op en kry vir Magda nog by die tafel agter die masjien, sy het deurnag gewerk en alles is nou klaar. Na koffie ry ek en Moeksie Constantiaberg hospitaal toe. Ons kry vir Anna onder by die ontvangs en drink ʼn koffie saam met haar. …

Dag 40 Read More »